Reset Password

Your search results

Noordewind Dwarskersbos Vakansiehuis

,
Dwarskersbos, , Dwarskersbos
Geverifieerd
Gewilde Verblyf
Privaat Huise
Vakansie Huise
| 3 Bedrooms|
Check Availability

Vakansie Akkommodasie Beskrywing

Deel die liefde

Noordewind, aangebied deur Dwarskersbos Accommodation, is ’n pragtige dubbelverdieping selfsorg-huis geleë in die rustige kusdorpie Dwarskersbos. Hierdie troeteldiervriendelike strandhuis is ideaal vir gesinne of vriende wat langs die see wil ontspan en die pragtige uitsigte wil geniet.

Die huis beskik oor drie slaapkamers en twee badkamers, almal op die boonste verdieping.
Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en ’n en-suite badkamer met ’n stort, bad en toilet. Dubbeldeure lei na ’n balkon met asemrowende uitsigte oor die Atlantiese Oseaan. Die tweede slaapkamer, ook met ’n koningingrootte-bed, het direkte toegang tot die balkon deur dubbeldeure, met ewe indrukwekkende see-uitsigte. Die derde slaapkamer het twee enkelbeddens. Die tweede en derde kamers deel ’n badkamer met ’n bad, toilet en handstort oor die bad.

Die volledig toegeruste kombuis sluit ’n yskas, vrieskas, stoof en oond, mikrogolf, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in – alles wat nodig is om maaltye moeiteloos voor te berei. Die oopplan-leefarea sluit twee groot eetkamertafels in, gemaklike rusbanke, ’n slim-TV met Netflix, en gratis Wi-Fi vir vermaak.

Dubbeldeure vanaf die leefarea lei na ’n ruim stoep met ’n ingeboude braai en buitemeubels – perfek om die vars seelug en ononderbroke uitsig te geniet.

Die huis is toegerus met ’n inverter en sonkrag vir kragonderbrekings, wat ’n gerieflike en ononderbroke verblyf verseker.

Parkeerplek vir twee voertuie is beskikbaar op die perseel.

Noordewind is ook naby winkels, restaurante en gewilde Weskus-besienswaardighede geleë.

Met sy direkte ligging aan die strand is Noordewind ’n toevlugsoord vir strandliefhebbers, hengelaars en voëlkykers – met lang wit strande, uitstekende visvangplekke en ’n oorvloed voëllewe in ’n rustige, natuurskone omgewing.

View more
Akkommodasie Prys per Nag ens.
Price per night: 2.780 ZAR
Cleaning Fee: 595 ZAR Single Fee
Minimum no of nights: 2
Security deposit: 1.200 ZAR
Period
Price per night
Price per night (7d+)
Price per night (30d+)
Minimum nights of booking
Extra price per guest
Price in weekends
Booking starts only on
Booking starts/ends only on
From 12-12-25 To 15-01-26
5.555 ZAR
-
-
14
-
5.555 ZAR
All
All
Period
From 12-12-25 To 15-01-26
Price per night
5.555 ZAR
Price per night (7d+)
-
Price per night (30d+)
-
Minimum nights of booking
14
Extra price per guest
-
Price in weekends
5.555 ZAR
Booking starts only on
All
Booking starts/ends only on
All
Kamers en Slaap Besonderhede
Bedroom 1
Bedroom 2
Bedroom 3
Akkommodasie Adres en Kaart
Address: Exact location information is provided after a booking is confirmed.
County: West Coast
State: Western Cape
Zip: 7365
Country: South Africa
Verblyf Besonderhede
Property Status: Geverifieerd,Gewilde Verblyf
Property ID: 39183
Rooms: 10
Bedrooms: 3
Bathrooms: 2
in-Boek tyd: • Sleutels kan afgehaal word tussen 14:00 en 18:00 weeksdae en tussen 10:00 en 13:00 Saterdae, Sondae en publieke vakansie dae
uit-Boek tyd: • Sleutels moet terug besorg word tussen 9:00 en 10:00 buite seisoen en tussen 08:00 en 9:00 binne seisoen
Laat -in-Boek: Ongelukkig is die sleutels nie beskikbaar buite die inboek tye nie
Ekstra Persone: Die maksimum aantal persone wat die akkommodasie te tye van julle besoek kan gebruik, mag nie die maksimum kapasiteit van die eenheid oorskry nie, slegs diegene wat op die besprekingsvorm aangedui word, kan die eiendom bewoon en van sy geriewe gebruik maak
Kanselasie: • 4 maande of meer voor verblyf datum: 50% van die deposito / 3 maande voor verblyf datum: 25% van die deposito / 2 maande of minder voor verblyf datum: 0% van deposito
Akkommodasie Kenmerke
Bed en Badkamer
Baddens x2
Ensuite Badkamer x1
Handdoeke word nie verskaf
Linne word verskaf
Stort x 1
Belangrike Inligting
Kinder Vriendelik
Rook - Nee
Troeteldiere - Vriendelik
Dienste
Geen Elektrisiteit Fooi
Selfsorg Akkommodasie
Dinge om te Doen
Aktiwiteite - Hengel
Aktiwiteite - Staproetes
Aktiwiteite - Swem
Etes en Kombuis
Braai - Buitenshuis
Ketel
Koelkas
Kombuis - privaat
Oond
Toaster
Tuimel Droer
Volledige Kombuis
Vrieskas
Washing Machine
Fasiliteite
Balkon
Parkering op perseel
Parking - On premises
Tuin - Nie Omsluit
TV
Wifi Internet
Naby Geriewe
Naby Strand
Other Features
Uitsig - Seeuitsig
Verblyf Termes en Voorwaardes
Smoking Allowed
Pets Allowed
Party Allowed
Children Allowed
• As u bespreking moet kanselleer of wysig, moet u ons so gou as moontlik skakel.
• Daar sal ook van u verwag word om u kansellasie skriftelik te bevestig. 'n Kansellasie sal nie in werking tree voordat ons skriftelike bevestiging van u ontvang het nie.
• 3 maande of meer voor verblyf datum: 50% van die deposito terugbetaalbaar.
• 2 maande voor verblyf datum: 25% van die deposito terugbetaalbaar.
• 1 maand of minder voor verblyf datum: 0% van deposito terugbetaalbaar
• Sou u bespreking geraak word deur reis/akkommodasie beperkings sal u bespreking geskuif word na 'n latere beskikbare datum, binne drie maande van die oorspronklike besprekings datum of as die beperking nie meer van toepassingis nie.
• Sou die persoon wat die akkommodasie bespreek het of 'n direkte familielid (eggenoot of kind) positief toets vir Covid-19 sal ons die bespreking skuif na 'n latere beskikbare datum, binne drie maande van die oorspronklike datum, indien ons voorsien word van die nodige dokumentasie om dit te bevestig.
• Wanneer u 'n eiendom by ons bespreek, moet u die voltooide persoonlike inligtingsdokument saam met ‘n kopie van u ID dokument aan ons terug stuur.
• Die uitstaande balans van die akkommodasie en die deposito is ten minste twee weke (14 dae) voor u aankomsdatum betaalbaar
• Let wel: U kan nie meer mense toelaat om in die eiendom te bly as wat u gemagtig is nie, en u kan ook nie u troeteldier in die eiendom neem nie, tensy u dit vooraf gereël het nie en die eiendom troeteldier vriendelik is nie. As u dit doen, kan ons weier om die eiendom aan u oor te gee, of u kan gevra word om dit te verlaat. Ons sal enige van hierdie omstandighede as 'n kansellasie van die bespreking deur u aanskou, en verbeur u enige terugbetaling.
• Ons behou die reg voor om die sekuriteit deposito aan te wend ten opsigte van skoonmaak-, herstel- of vervangingskoste indien die eiendom vuil gelaat is, items ontbreek of beskadig is.
• Die deposito sal binne 10 werksdae aan u terugbetaal word, minus enige aftrekkings ooreenkomstig met die voorwaardes hierbo
• U bly verantwoordelik vir die koste van enige skade, herstelwerk of vervanging van items wat die sekuriteitsdeposito oorskry.
• Sleutels kan afgehaal word tussen 14:00 en 18:00 weeksdae en tussen 10:00 en 14:00 Saterdae, Sondae en publieke vakansie dae, indien u nie in daardie tyd inboek nie sal u moontlik nie toegang tot die eiendom verkry nie, geen sleutels sal na 18:00 weeksdae oorhandig word nie en so ook nie na 14:00 Saterdae, Sondae en publieke vakansie dae nie.
• Uitboek tyd moet die sleutels terug besorg word voor 10:00 (onthou asseblief om seker te maak alle deure en vensters is toe en gesluit voor u vertrek)
• Onthou dit is selfsorgverblyf, geen handdoeke, swartsakke, seep (kombuis en badkamer), hout, kos of toiletware is in die prys ingesluit nie. As jy koudbloedig is, onthou om ekstra komberse in die winter te bring.
Aanspreeklikheid
• Die Eienaar van die eiendom en die Eiendoms Bestuurder aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige beserings, verlies, skade, diefstal of dood, aan enige persoon en/of, aan sy/haar eiendom, of enige items wat in die huis vergeet of agter gelaat word nie

U stem in om die huisreëls na te kom:
• Behandel asseblief die huis met dieselfde respek as jy, jou eie huis behandel. Ons het moeite gedoen vir ons gaste om hulle vakansie by ons te geniet.

• Ons hoop dat u baie pret en plesier tydens u vakansie sal hê! Ons sal dit egter baie waardeer as u te alle tye u bure in ag neem, geen harde musiek of oormatige geraas word toegelaat nie. As enige naburige inwoners buitensporige geraas of oproerige gedrag rapporteer, sal ons u moontlik van die eiendom moet verwyder en u verblyf moet beëindig, sonder om die akkommodasiegeld of u sleutel deposito terug te betaal.

• Ongelukkig word geen partytjies of funksies toegelaat nie - die maksimum aantal persone wat die akkommodasie te tye van u besoek kan gebruik, mag nie maksimum kapasiteit van die eenheid oorskry nie, en slegs diegene wat op die besprekingsvorm aangedui word, kan die eiendom bewoon. Ons behou die reg voor om die bespreking te beëindig sonder kennisgewing en sonder terugbetaling in geval van oortreding van hierdie voorwaarde.

• Maak asseblief seker al die vensters en deure is toe en gesluit voor u vertrek of as u die eiendom onbewoon laat, onthou asseblief om die alarm te aktiveer indien daar 'n alarm is.

• Kan u asseblief u vuil skottelgoed was en weg pak voordat u vertrek? Dit is 'n pyn, maar ek sou dit haat dat hulle groen word, nie dat ek nie van herwinning hou nie

• U onderneem om die akkommodasie skoon en netjies te los. Ons behou die reg voor om ‘n addisionel fooi te hef vir buitengewone skoonmaak vereistes aan die eiendom, linne of meubels.

• U sal enige skade, verliese of breekplekke aanmeld sodra dit voorkom.

• Rook is verbode in alle eenhede

• Moet asseblief nie die meubels rond skuif nie (behalwe die stoep meubels wat in die huis gelos word, wat assblief voor julle vertrek weer terug in die huis gesit moet word)

• Plaas asseblief u vullis in swart vullissakke (geen bokse of inkopiesakke nie). Moet asseblief nie vullis in die huis, motorhuis of binnehof los nie, plaas dit in drom voor die huis of as daar nie ‘n drom is nie, op die sypaadjie voor die huis. Slakkepas huise voor die blou hekkie van u eenheid en Skilliepark woonstelle in die vullis area by die ingang.

• Geniet dit! Dit is u vakansietyd en ons hoop dat u die beste gebruik maak van die huis, sy geriewe en u geleentheid om te ontspan en die omgewing te verken.

As u troeteldier saam kom kuier -
• Selfs as 'n eiendom troeteldier vriendelik is, moet u voor u aankoms reël dat u, u troeteldier gaan saam bring.
• Ons weet dat u, u troeteldier lief het, maar u moet hulle asseblief nie op die meubels toelaat nie, veral nie banke en beddens nie.
• Bring asseblief u eie hondebeddens, beddegoed en voerbakke saam.
• Eienaars moet te alle tye in beheer wees van hul troeteldier(e), honde moet hy ten alle tye op ‘n leiband wees as julle gaan stap of op die strand is
• Maak skoon agter jou troeteldier, selfs buite in die tuin
• Ongelukkig sal u, u sleutel deposito verbeur indien die diere op die meubels en in die beddens toegelaat was.

Availability

Oktober 2025
M D W T V S S
 1
2.780 ZAR
2
2.780 ZAR
3
2.780 ZAR
4
2.780 ZAR
5
2.780 ZAR
6
2.780 ZAR
7
2.780 ZAR
8
2.780 ZAR
9
2.780 ZAR
10
2.780 ZAR
11
2.780 ZAR
12
2.780 ZAR
13
2.780 ZAR
14
2.780 ZAR
15
2.780 ZAR
16
2.780 ZAR
17
2.780 ZAR
18
2.780 ZAR
19
2.780 ZAR
20
2.780 ZAR
21
2.780 ZAR
22
2.780 ZAR
23
2.780 ZAR
24
2.780 ZAR
25
2.780 ZAR
26
2.780 ZAR
27
2.780 ZAR
28
2.780 ZAR
29
2.780 ZAR
30
2.780 ZAR
31
2.780 ZAR
 
November 2025
M D W T V S S
 1
2.780 ZAR
2
2.780 ZAR
3
2.780 ZAR
4
2.780 ZAR
5
2.780 ZAR
6
2.780 ZAR
7
2.780 ZAR
8
2.780 ZAR
9
2.780 ZAR
10
2.780 ZAR
11
2.780 ZAR
12
2.780 ZAR
13
2.780 ZAR
14
2.780 ZAR
15
2.780 ZAR
16
2.780 ZAR
17
2.780 ZAR
18
2.780 ZAR
19
2.780 ZAR
20
2.780 ZAR
21
2.780 ZAR
22
2.780 ZAR
23
2.780 ZAR
24
2.780 ZAR
25
2.780 ZAR
26
2.780 ZAR
27
2.780 ZAR
28
2.780 ZAR
29
2.780 ZAR
30
2.780 ZAR
past
today
booked

On the Map

Similar Listings

2.780 ZAR per night
×

Book Now

Add to Favorites
Contact Owner
Share
x
2.780 ZAR per night