Vakansie Akkommodasie Hulplyn

Hoe werk Kanselasie van Besprekings

Wanneer dit by die kansellasie van besprekings kom is daar twee belangrike aspekte:

1. Die eienaar het 90% van die besprekingfondse en ook die volle breekskade gelde in sy besit. Alle besluite rondom kansellasies word deur die eienaar alleenlik geneem, daarom is dit belangrik dat die eienaars hulle reëls rondom dit toevoeg tot die inligting vir kliënte in hulle plasing op ons webtuiste. Daar is spesifiek ‘n plekkie daarvoor.

Eienaars kan bv alles terugbetaal as daar ‘n kansellasie is en ook ‘n bankfooi aftrek. Dit gebeur gewoonlik tot so twee maande voor die inboek datum.

Gewoonlik vereis eienaars geen kansellasie binne twee weke voor die inboekdatum nie.

Maar eienaars kan ook besin rondom hoe vinnig hulle 'n aanvullende bespreking kry. As iemand bv 'n dag voor inboek kanselleer en daar is onmiddelike nuwe gaste wat bespreek is dit darem billik dat die eienaar die kliënt ten volle vergoed.

2. Wat ons 10% fooi betref is dit ‘n fooi vir dienste reeds gelewer soos bv: webtuiste dienste, bemarking, betaalde advertensies, persoonlike kommunikasie met kliënte, ontvangs en bestuur van fondse en 2.5% bankdienste. Ons dienste is afgehandel die oomblik wat die deposito in die rekening van die eienaar vertoon. Ons fooi is dus nie terugbetaalbaar nie en gaste word ook so ingelig.

3. In die geval van Covid Reis beperkings is dit belangrik om die regulasies na te kom. Dit is nie ‘n verbreking van die besprekingsooreenkoms nie, maar ‘n regeringsverbod wat deur beide die huurder en verhuurder gerespekteer moet word.

Die verhuurder is verplig om die besprekingsgelde terug te betaal, minus die bankkostes.

Die 10% besprekingsfooi wat ons by eienaars hef [en ingesluit is in die geadverteerde prys] is ‘n fooi vir dienste gelewer en afgehandel voor die aanvang van die bespreking en verbod waaruit personeel, bemarking, bankkostes en meer betaal word deur ons maatskappy en is nie terugbetaalbaar nie.


So dit is baie basies, maar gelukkig billik en regverdig na alle kante. Ons het darem nog nooit ‘n klagte ontvang oor die 10% gedeelte nie. En gaste is altyd baie dankbaar dat hulle nie by ons BTW betaal het nie so is dit ook ‘n 15% besparing dan vir hulle. Iets wat hulle bv by Lekkeslaap, Airbnb ens so verloor het.

Ons stap graag die pad saam.

Span:
www.VakansieAkkommodasie.co.za
Want2Stay (Pty LTd)
Suid Afrika