Vakansie Akkommodasie Hulplyn

Bespekings - Hoe om dit te Aanvaar of te Verwerp

Eienaars / Gashere en Gasvroue aanvaar of verwerp self bespreking.

Volge gerus hierdie stappe:

1. Teken aan en kliek dan op u Eienaar / Gasheer "Profiel" waarna verskeie opsies vertoon word.

2. Kliek dan op “Bookings”.

3. ‘n Lys van besprekings sal vertoon word. Besigtig dit en kies die bepreking wat u wil bestuur.

4. Kliek op “Reject Invoice” indien u die bespreking nie wil aanvaar nie. Die gaste sal dan ‘n boodskappie ontvang dat die bespreking van die hand gewys is en alle inligting sal deur ons outomaties geskrap word. Dit is dan afgehandel.

5. Kliek op “Issue Invoice” indien u dit wil aanvaar en volg die proses.

6. Indien u reeds ‘n bespreking ge-aanvaar het deur die “Issue Invoice” proses sal u die opsie he om ‘n aanmaning te stuur vir die gaste. Kliek dan op “Send Reminder Email”

7. Ons stuur outomaties die nodige eposse en sms’e uit soos wat u deur die proses werk. As u as eienaar die “Invoice” uitgereik het sal die klient outomaties gevra word om die eerste 10% direk in ons rekening in te betaal en die 90% balans direk in u rekening so maak asseblief seker dat u bankbesonderheid korrek is in u profiel [die publiek kan die nie sien nie].

Vir enige navra kan u ons enige tyd hier op ons Hulplyn / Helpdesk kontak.

Span: Vakansie Akkommodasie

Article Details

Article ID:
12
Category:
Views:
58
Rating (Votes):
(1)

Related articles